Past. Willem en Alet FRANCK het beide in Maart 1991 in die Volle Evangelie Kerk, Pretoria-Noord tot bekering gekom. Kort daarna het Past. Willem sy pastorale studies begin en in 2009 sy doktorsgraad in teologie deur NEW WORLD MISSION DUNAMUS INTERNATIONAL UNIVERSITY verwerf. Terselfde tyd het Alet ook haar Pastorale Bedieningskunde diploma deur NWMDIU verwerf. Daarna het past Willem en Alet betrokke geraak met Berean Bybel Instituut" en "Grace Ambassadors" en vandaar is hulle absolute "Mid-Acts, Dispensasional, Pauline, Right Dividing" verkondigers. Past. Willem en Alet is ook die stigters en Presiderende pastoorspaar van NIKOS Gemeente.
Pastoor Roelof en Theresa SCHOEMAN het opgegroei in die Volle Evangelie Kerk, Pretoria-Noord. Daar het Past. Roelof sy pastorale studies begin en in 2009 sy Meestersgraad in Pastorale-bedieningskunde deur NEW WORDLD MISSION DUNAMUS INTERNATIONAL UNIVERSITY verwerf. Terselfde tyd het sy vrou Theresa ook haar Pastorale Bedieningsdiploma deur NWMDIU verwerf. Pastoor Roelof en Theresa mede stigters van Nikos gemeente.
In Julie 2008 het 'n klein groepie mense in ‘n kleuterskoolsaal in Pretoria-Noord begin dienste hou. Vandaar het ons begin gegroei en uiteindelik moes ons verhuis na 'n groter perseel. Dit was 'n reuse stap vorentoe en ‘n magtige oorwinning (Grieks: nikos) vir die koninkryk van God. Dit is dan ook waar ons naam "Nikos Gemeente" vandaan kom. Op 11 Januarie 2009 het ons eerste geskiedkundige openingsdiens plaasgevind en so is Nikos Gemeente gebore. Nikos Gemeente het met die genade van die Here gegroei en is vandag ‘n gevestigde gemeente vir die hele familie. In die lig hiervan sal NIKOS Gemeente op die Here bly vertrou, Sy Woord eer en al die wonderlike families wat Hy aan ons toevertrou het versorg. Aan die Koning van die eeue, die onverderflike, onsienlike, alleen wyse God, kom toe die eer en heerlikheid tot in alle ewigheid. AMEN. DANKIE VIR NIKOS JESUS.
νῖκος (oorspronklike woord)
nikos (vertaling)
nee'-kos (fonetiese spelling)
Verwante : 3534 Nikos: ‘n Oorwinning, triomf, veral as gevolg van 'n verowering. In die NT verwys dit altyd na die verowering wat Christus vir die gelowige bereik het (vgl Matt. 12:20 ; 1 Kor. 15:54) – ‘n Oorwinning wat al die magte van die duisternis (sonde) verower het. Gevolglik is ook die dood verslaan in die oorwinning (1 Kor. 15:55). Sien ook 3528 (nikao) en 3529 (Nike).
Refleksie : Christus het reeds die dag gewen! Dus het die gelowige nie meer nodig om te veg vir sy oorwinning nie – hy veg vanuit sy oorwinning!